Niks is lekkerder as kersietamaties wat oopbars met suikersoet smake nie!

Genoeg vir 6

• 400 g glutenvrye fettuccine-pasta

• olyfolie om oor pasta te sprinkel

• hand vol basiliekruidblare

• 100 ml balsemasyn

• 125 ml goeie olyfolie

• 600 g vars gemengde kersietamaties, gehalveer

• 1 rooi-ui, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• hand vol koljander, fyngekap

• 1 x 110 g-bakkie basiliekruid-pesto

• 6 wiele fetakaas

• sout en varsgemaalde swartpeper

Maak pasta gaar volgens aanwysings op verpakking en dreineer. Sprinkel olyfolie oor om te keer dat pasta aanmekaar vassit. Laat afkoel tot louwarm en gooi in groot slaaibak. Gooi res van bestanddele by, behalwe fetakaas. Meng deur. Breek feta in groot stukke en voeg by pasta. Geur goed met sout en peper. Sit voor met ekstra basiliekruidblare.