(genoeg vir 4)

  • 20 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies
  • 200 g rosa-tamaties
  • 180 g dun Franse bone
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 x 400 g-blikke lensies, gedreineer
  • 100 ml kookwater
  • 2 groot hande vol baba-spinasieblare
  • 15 ml olyfolie
  • 300 g halloumi-kaas, in snye gesny
  • 120 g hoemoes

Verhit olyfolie in diep pan. Voeg ui en knoffel by en braai tot sag en deurskynend. Voeg tamaties by en braai tot hulle begin oopbars. Voeg bone by en geur met sout en peper. Braai vir sowat 5 minute. Voeg lensies by en voeg kookwater by. Laat prut vir sowat 5 minute. Voeg spinasieblare by en roer goed deur tot spinasie verwelk het. Verhit 15 ml olyfolie in pan. Braai halloumikaas tot alkant bruin, vir so 30 sekondes aan ’n kant. Plaas kaas bo-op lensies en sit voor saam met hoemoes.