genoeg vir 2

Gaarmaaktyd: 25 minute

2 rooi-uie, in kwarte gesny

• 4 murgpampoentjies, in repe gesny

• 200 g baba-wortels, afgespoel

• hand vol rosyntjies

• 200 g groen olywe, gedreineer

• 1 x 195 g-bottel gemarineerde rissies , in olyfolie

• hand vol gekapte gemengde vars kruie – pietersielie, basiliekruid, roosmaryn

• sout en varsgemaalde

• swartpeper

• 230 g (4) Persiese naanbrode, verhit volgens aanwysings op verpakking

• mikrokruie

Verhit oond tot 200 °C. Sit die uie, murgpampoentjies, wortels, rosyntjies en olywe in ’n oondpan. Voeg die gemarineerde rissies in olyfolie by die groente, sprinkel gekapte kruie oor en meng goed. Geur met sout en peper en bedek met foelie. Plaas in die oond vir 15 minute. Verwyder die foelie en oondbraai nog 10 minute tot bruin en byna sag. Sit voor op naan en sprinkel mikrokruie oor.