4 porsies

  • 4 snye volkoringbrood, gerooster
  • 250 g laevet-maaskaas
  • 1 komkommer, in dun skyfies gesny
  • 2 tamaties, in dun skyfies gesny
  • 2 brandrissies, in dun skyfies gesny (opsioneel)
  • 30 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Smeer elke sny volkoringbrood met maaskaas. Plaas komkommer-, tamatie- en brandrissie-skyfies bo-op. Besprinkel met olyfolie. Geur met sout en swartpeper. Sit dadelik voor.