Jy kan rigatoni gebruik in hierdie gereg. Dis effens groter as penne en partykeer effens gekurf.

(Genoeg vir 4)

roostertyd: 15 minute

  • 500 g rigatoni-pasta (of ander soort)
  • 230 g langsteel-broccoli
  • 60 ml olyfolie
  • 3 knoffelhuisies, in repe gesny
  • 30 g parmesaankaas, fyngerasper
  • sap van halwe suurlemoen
  • 100 g dennepitte, gerooster
  • 70 g parmesaankaas, gerasper en in repe geskil
  • hand vol basiliekruidblare, grofgeskeur
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Voorverhit oond tot 200 °C. Kook pasta volgens die aanwysings op die verpakking. Pak broccoli op ’n bakplaat en sprinkel 30 ml olyfolie, knoffel, 30 g parmesaankaas en suurlemoensap oor. Oondbraai sowat 15 minute – die broccoli moet steeds krakerig wees. Meng gaar pasta met broccoli, dennepitte,  70 g parmesaankaas en basiliekruid. Geur met sout en peper. Sprinkel die res van die olyfolie oor. Sit voor.