(4 porsies)

Verhit oond tot 200 °C. Halveer 300 g groot rosa-tamaties en pak op bakplaat. Sprinkel 30 ml olyfolie oor en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Plaas in oond en oondbraai sowat 30 minute tot sag. Kook 500 g penne-pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Roer 40 g bronkors deur pasta en sit geroosterde tamaties bo-op. Sny 150 g camembertkaas in skywe en plaas op pasta. Geur met varsgemaalde swartpeper en sprinkel met nog ’n bietjie olyfolie.