(6 PORSIES)

  • 45 ml olyfolie
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 x 400 g-blik tamaties
  • 3 takkies tiemie, fyngekap
  • 250 ml rooiwyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 hand vol koekmeel vir uitrol
  • 1 kg winkeldeeg
  • 400 g mozzarella-kaas, in skywe gesny
  • 30 g basiliekruid

Verhit olyfolie tot warm in medium-groot pot. Voeg knoffel en uie by. Braai vir 3 – 5 minute of tot dit begin verbruin. Voeg tamaties, tiemie en rooiwyn by. Verlaag hitte en laat stadig prut tot dik tamatiesous vorm – sowat 10 – 12 minute. Geur goed met sout en swartpeper. Sprinkel dun lagie meel op werkoppervlak. Rol deeg uit tot sowat 5 mm dik en 60 cm in deursnee. Plaas op pizzapan wat met kleefwerende sproei bespuit is. Prik met ’n skoon vurk klein gaatjies in die deeg. Smeer tamatiesous bo-oor. Versprei snye kaas oor tamatiebasis. Geur weer goed met sout en swartpeper. Plaas bo-op Weber met mediumwarm kole met deksel bo-op pizza-pan. Bak vir 8 minute, maak deksel oop en lig pizza effens op met eierspaan om te sien of dit gaar is. Indien nie, bak nog langer. Sit voor met vars basilie.

WENK: Wees versigtig dat jou kole nie te warm is nie, want dan brand die pizza onder voordat hy gaar is. Om te kyk of die kole reg is, moet jy jou hand sowat 20 cm bo die kole kan hou vir 10 tellings.