(6 porsies)

  • 750 ml afgeroomde melk
  • 250 ml hoenderaftreksel (30 ml hoenderaftrekselpoeier gemeng met 250 ml kookwater)
  • 4 takkies tiemie, gesnipper
  • 1 takkie roosmaryn
  • 250 ml polenta
  • sout na smaak

Verhit melk, hoenderaftreksel, tiemie en roosmaryn in 'n swaarboomkastrol tot kookpunt. Voeg polenta by, roer tot goed gemeng en laat prut vir 15 - 20 minute tot gaar. Roer aanhoudend om te keer dat dit brand. Voeg die sout by. Sit voor saam met hoender, vleis of wild. Opsioneel Vir 'n ryker opsie kan jy 125 ml parmesaankaas en 45 ml botter by die polenta inroer.