Tradisioneel word hoemoes met kekerertjies en tahini gemaak, maar ek voeg ook geroosterde soetrissies by. Koop sommer klaar gemarineerde soetrissies in die winkel.

(genoeg vir 6)

  • 200 g gemarineerde soetrissies
  • 1 blik (410 g) kekerertjies (chickpeas), gedreineer en afgespoel
  • 100 ml tahini
  • sap van 2 suurlemoene
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 30 ml olyfolie
  • sout na smaak

Plaas soetrissies en kekerertjies in voedselverwerker of versapper. Puree tot glad. Voeg tahini, suurlemoensap, knoffel en olyfolie by en meng goed. Skep uit en geur met sout. Maak toe met kleefplastiek en plaas in yskas tot benodig.

Om te weet

Tahini is ’n sesamsaad-smeer. Dit word altyd in hoemoes gebruik. As jy nie tahini kan kry nie, voeg net ’n bietjie meer olyfolie by om die smeer gladder te maak.