(4 porsies)

  • 40 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 3 blikke (400 g elk) heel tamaties
  • 500 ml rooiwyn (pinotage)
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 5 ml droë gemengde kruie
  • 1 pak spaghetti
  • 100 g parmesaan- of pecorino-kaas

Verhit olyfolie in 'n kastrol. Braai ui en knoffel (nie oor 'n baie hoë hitte nie) tot sag en deurskynend. Voeg geblikte tamaties en wyn by. Geur met sout, peper en kruie. Sit deksel op en laat kook vir 1 uur. Haal deksel af en druk tamaties fyn met 'n aartappeldrukker. Laat die sous verder oop kook vir 1½ uur. Kook pasta volgens aanwysings op pak en dreineer. Meng sous met pasta en sit voor saam met parmesaan-skywe. Gebruik 'n groenteskiller om die kaas te sny. Jy kan die kaas ook rasper.

Om te drink:

Dieselfde wyn as wat jy in die sous gebruik het. Beyerskloof maak uitstekende pinotage, en jy kan kies tussen 'n sakpas- en duurder weergawe.

WAT jy kan byvoeg

  • Voeg 2blikke gapermossels (babyclams), gedreineer, vir die laaste halfuur by.
  • Braai strepiespek(streaky) met uie en knoffel. Voeg 100g ontpitte swart olywe by vir laaste halfuur.
  • As jy van 'n romerige tamatiesous hou, voeg vir die laaste halfuur 125ml room by.
  • Braai 500g gesnyde wit sampioene saam met uie en knoffel en voeg op die laaste oomblik 'n hand vol geskeurde vars basiliekruid by.