genoeg vir 4

Baktyd: 20 minute

• 30 ml olyfolie

• ½ rooi-ui, fyngekap

• 300 g klein rosa-tamaties, in kwarte gesny

• 2 ml brandrissie, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 1 groot eiervrug, in dik skywe gesny

• 4 groot sampioene

• sowat 100 ml olyfolie

• 4 snye mozzarella-kaas

• 4 broodrolletjies

• hand vol vars basiliekruidblare

Verhit oond tot 180 °C. Verhit die 30 ml olyfolie in ’n pan. Voeg ui by en braai tot sag. Voeg tamaties, brandrissie en knoffel by. Braai tot tamatie sag is. Geur met sout en peper. Plaas eiervrug en sampioene op bakplaat en sprinkel olyfolie oor. Geur met sout en peper. Oondbraai 20 minute. Haal uit en plaas ’n sny kaas op elke sampioen. Sit terug in oond tot kaas gesmelt is. Sny rolletjies oop en rooster. Plaas eiervrug op onderste deel en dan basiliekruidblare. Plaas ’n sampioen bo-op en skep van die gebraaide tamaties bo-op. Maak toe met ander helfte van broodrolletjie en sit dadelik voor.

WENK

Jy kan die burger nie-vegetaries maak deur ’n gekoopte vleis-patty by die resep te voeg. Sit dan net die gebraaide patty in bo-op die skywe eiervrug.