30 minute - 4 porsies

  • 40 ml botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 500 g sampioene, in skywe gesny
  • 400 g arborio-rys
  • 400 ml witwyn
  • sowat 1 liter groente-aftreksel
  • 400 g klein rosa-tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 100 g pecorino-kaas, gerasper

Smelt die botter in ’n kastrol. Braai die ui, knoffel en sampioene vir 3 minute. Voeg die rys by en braai vir 2 minute. Voeg die witwyn by en braai verder tot dit byna weggekook het. Jy moet aanmekaar roer. Gebruik ’n groot sop-opskeplepel en voeg die groente-aftreksel lepel vir lepel by. Hou aan roer en laat die aftreksel elke keer meestal wegkook voor jy nog byvoeg. Voeg die tamaties ná so 10 minute by. Hou aan aftreksel byvoeg tot die rys sag is. Geur met sout en swartpeper en voeg die helfte van die pecorino-kaas by. Sit voor met die res van die kaas.