(6 – 8 PORSIES)

  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 5 takkies tiemie, fyngekap
  • 500 ml vars room
  • 250 g spekrepies, grofgekap
  • 500 g rou gnocchi
  • 300 g sampioene van jou keuse, gehalveer
  • 100 g parmesaankaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Kry jou kole warm as jy die Weber gebruik, of verhit die oond tot 180°C. Meng knoffel, tiemie, room en spek saam. Plaas gnocchi en sampioene in medium-groot tinfoelie Weber-bak . Gooi room-mengsel bo-oor. Geur goed met sout en swartpeper. Sprinkel kaas bo-oor. Plaas in Weber of warm oond. Bak vir 35–40 minute of tot gnocchi sag en gaar is.