(4 porsies)

Verhit oond tot 180 °C. Sit 4 klein geel soetrissies en 4 klein rooi soetrissies in ’n groot bak en gooi kookwater oor. Dit maak die soetrissies sagter en makliker om te vul. Plaas 250 ml koeskoes in kastrol en gooi 250 ml kookwater oor. Roer koeskoes met vurk en maak kastrol toe met deksel. Laat staan so 5 minute. Kap 12 songedroogde tamaties fyn en voeg by koeskoes. Voeg ’n hand vol gekapte vars basiliekruid en 2 gekapte sprietuie by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Sny die soetrissies aan een kant oop en verwyder die pitte. Vul met koeskoesvulsel en plaas in oondbak met die gesnyde kant na bo. Sprinkel sowat 60 ml olyfolie oor en plaas in warm oond. Oondbraai sowat 25 minute tot sag. Sit warm voor.