(4 porsies)

  • 250 g spaghetti
  • 4 murgpampoentjies, grofgerasper
  • 250 g ricotta-kaas
  • 30 kruisementblare
  • 1 groen brandrissie, fyngekap
  • 30 ml olyfolie
  • 60 g parmesaan-kaas, gerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Kook pasta volgens aanwysings op pak. Meng res van bestanddele terwyl pasta kook. Geur met sout en swartpeper. Dreineer gaar pasta en meng dadelik die murgpampoentjiemengsel deur.