(genoeg vir 8)

  • 200 g baba-spinasie
  • 125 g (135 ml) botter
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 125 g (220 ml) koekmeel
  • 1 liter melk
  • 100 g gruyèrekaas, fyngerasper
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 5 eiers, geskei

Bring ’n pot met water tot kookpunt. Gooi spinasie alles op een slag in. Dreineer ná ’n minuut. Plaas sagte spinasie in voedselver werker en kap fyn. Smelt botter oor matige hitte in groot pot. Voeg knoffel by en braai vir 1 minuut. Roer meel by. Voeg melk op een slag by en klits goed tot alles gemeng en die klonte opgelos is. Laat prut oor lae hitte en klits stadig ter wyl sous verdik, sowat 3 – 5 minute. Ver wyder van hitte en roer kaas by tot gesmelt. Voeg spinasie by en meng goed. Geur goed met sout en swartpeper. Laat afkoel tot kamertemperatuur.

Verhit oond tot 180 °C. Voeg eiergele by en roer tot gladde mengsel. Klits eier witte tot sagte punte vorm en vou versigtig by kaasmengsel in. Gooi hele mengsel in ’n oondvaste bak met ’n volume van 1 liter. Bak vir sowat 70 minute of tot goudbruin en gestol. Sit warm voor met slaai van jou keuse.

OM TE DRINK

Spier 21 Gables Chenin Blanc (R118)