Resep deur Adriana Giardini

Genoeg vir 4

• 200 g baba-spinasie, grofgekap

• 400 g ricotta-kaas

• 1 eier

• 50 g parmesaankaas

• 2 ml fyn neut

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 1 x basiese pastadeeg – uitgerol

Sous

• 100 g (110 ml) botter

• 4 – 5 salieblare, grofgekap

• 30 ml room

• 1 heel salieblaar

Stap 1. Meng al die bestanddele vir die vulsel, behalwe die pasta. Geur goed met sout en varsgemaalde swartpeper.

stap 1 Stap 1

Stap 2. Plaas een vel pastadeeg op ’n meelbestrooide oppervlak. Skep lepels vol vulsel op die deeg. Spasieer dit só dat daar genoeg ruimte tussen elke skeppie vulsel is om dit los te sny van mekaar. Plaas tweede vel deeg bo-op en druk dit stewig vas rondom die vulsel. Sorg dat daar geen lugborrels in die ravioli-blokkies is nie. Sny los van mekaar met skerp mes.

stap 2 Stap 2

Stap 3. Plaas botter en gekapte salieblare vir die sous in ’n pan. Verhit en braai tot blare bros is terwyl jy heeltyd roer.

stap 3 Stap 3

Stap 4. Voeg room en heel salieblaar by en roer tot room warm is. Verwyder van hitte. Bring pot met water tot kookpunt. Dompel ravioli in kookwater en laat kook tot die blokkies op die oppervlak van die water dryf – sowat 5 minute. Dreineer en skep op opdienbord. Skep warm sous oor. Sit voor met ekstra parmesaan.

stap 4 Stap 4