• 1 Portugese brood
  • 4 baie ryp tamaties
  • olyfolie

Sny die brood in dun skywe. Braai die brood alkant in ’n riffelpan. Sny die tamaties in die helfte en sodra jy die brood gebraai het, smeer met ’n tamatie aan die een kant van die brood. Sprinkel dan ’n bietjie olyfolie oor en sny die brood in die helfte.