(20 minute – 4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 4 heel knoffelhuisies
  • 400 g klein rosa-tamaties
  • 250 ml gaar bruinrys
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • hand vol vars basiliekruidblare, grofgekap
  • 100 g pecorino-kaas, gerasper

Verhit die olyfolie in ’n kastrol. Braai die knoffelhuisies vir sowat 3 minute daarin. Sit die tamaties by en braai tot hulle net begin oopbars. Gooi die gaar rys by en geur met sout en swartpeper. Voeg die basiliekruid en helfte van die kaas by. Meng goed deur. Sit voor saam met die res van die pecorino-kaas.