(4 - 6 porsies)

  • 180 g (500 ml) hawermout
  • 100 g amandels, grofgekap
  • 100 g pistasie-neute
  • 30 ml bruinsuiker
  • 180 ml esdoringstroop (maple syrup)
  • 100 g 70%-donkersjokolade, fyngekap
  • 500 ml Griekse jogurt
  • 1 groot papaja, saad uitgekrap en geskil
  • warm heuning vir voorsit

Verhit oond tot 180 °C. Meng hawermout, amandels, pistasie-neute, suiker, stroop en sjokolade saam in 'n mediumgroot mengbak. Versprei op 'n bakplaat en rooster vir sowat 15 - 20 minute of tot die muesli 'n taai voorkoms kry. Laat afkoel. Verdeel jogurt tussen bakkies en sit voor saam met muesli en papaja. Skep warm heuning bo-oor.

Wenk: Maak die muesli as geskenk vir 'n vriendin. Verpak dit in mooi glasbottels met 'n boodskap by.