’n Quiche is die perfekte saamvatkos, want dit kan voor die tyd gebak word.

Genoeg vIr 4 – 6

Kors

• 200 g (360 ml) koekmeel

• 100 g (110 ml) botter

• 45 ml koue water

Sit meel en botter in voedselverwerker. Meng tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg water bietjie vir bietjie by tot dit ’n deeg vorm. Haal uit en maak deeg toe met kleefplastiek. Laat rus in yskas vir minstens 30 minute. Verhit oond tot 200 °C.

Rol deeg dun uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Spuit ’n losboom-quiche-pan van sowat 24 cm in deursnee en 5 cm diep met kleefwerende kossproei. Voer pan uit met deeg en sit ’n groot stuk bakpapier bo-op. Vul met droe¨ boontjies. Sit quiche- pan op ’n bakplaat en plaas in oond.

Bak kors 15 minute. Haal uit oond en verwyder bakpapier en bone. Moenie oond afskakel nie.

Vulsel

• 100 g parmesaankaas, gerasper

• 2 x 285 g-bottels artisjokke, gedreineer

• 140 g serranoham

• 100 g ontpitte groen olywe

• 3 eiers

• 500 ml room

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 10 g mikrokruie

Sprinkel kaas op halfgaar kors in quiche- pan. Rangskik artisjokke bo-op. Plaas ham tussen artisjokke. Rangskik olywe bo-op. Klits eiers en room saam in ’n mengbak. Geur met sout en peper. Gooi eiermengsel in quiche-pan en sit pan op ’n bakplaat. Plaas in oond en bak sowat 45 minute tot 1 uur. Maak seker die vla is gestol. Haal uit, sprinkel mikrokruie oor en sit warm voor met tamatie-en-gebraaide-eiervrug-slaai.