(1 porsie)

  • twee snye brood, volgens smaak en beskikbaarheid
  • 1 sny ham
  • mosterd
  • gerasperde cheddarkaas, genoeg om die ham te bedek
  • botter

Smeer die snye brood met mosterd. Plaas ham op die een sny, bedek met gerasperde kaas. Bedek dan met tweede sny, en smeer met botter. Plaas toebroodjie met die botterkant onder in vooraf verhitte pan. (Gebruik niekleef-soort.) Smeer gou die ander kant met botter, en begin dan met tussenpose van ’n minuut omdraai, totdat albei snye brood mooi begin verdonker en die kaas sigbaar gesmelt is. Sny in helfte en eet so gou moontlik.