• 6 taco-skulpe

• 30 ml olyfolie

• 15 ml gedroogde brandrissievlokkies

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 60 ml wit balsemasyn

• 15 ml suiker

• 100 g gaar oorskiet-varkfilet, in repe geskeur

• 1 x 400 g-blik vier-bone-mengsel, gedreineer en afgespoel

• sout en varsgemaalde swartpeper

• klein hand vol koljander, fyngekap

• 30 ml Griekse jogurt

• 40 g bronkors (watercress)

Verhit taco’s volgens aanwysings agterop pakkie. Verhit olyfolie in ’n pan en voeg brandrissie en knoffel by. Braai 1 minuut. Voeg balsemasyn en suiker by. Bring tot kookpunt en verlaag dan die hitte. Voeg varkvleis en bone by. Meng goed en geur met sout en peper. Haal af van hitte en voeg koljander by. Skep lepels vol jogurt in elke taco-skulp, gevolg deur die vark-en-bone-mengsel en paar blare bronkors. Sit voor.