(4 porsies)

  • 25 ml sonneblomolie
  • 70 g uie, in dun skyfies gesny
  • 5 g tiemieblaartjies, van takkies verwyder
  • 10 g knoffel, fyngedruk
  • 10 kerrieblare*
  • 10 g gemmer, fyngedruk
  • 160 g tamaties, in skywe gesny
  • 1 groen brandrissie, ontpit en fyngekap
  • 5 g naeltjies
  • 50 g tamatiepasta
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • sonneblomolie
  • 350 g beeslendeskyf, in blokkies gesny
  • 10 g vars koljanderblare, grofgekap

Vir die sous: Verhit olie in 'n pan en braai uie tot sag en deurskynend. Voeg tiemie, knoffel, kerrieblare en gemmer by en braai vir sowat 3 minute. Voeg tamaties, brandrissie en naeltjies by en soteer vir 10 minute. Voeg tamatiepasta by en laat kook vir sowat 5 minute. Geur met sout en swartpeper. Hou eenkant.

Vir die beeslende: Verhit olie in 'n pan en braai lendeskyfblokkies tot goudbruin en drooggebraai. Voeg rougaillesous by. Laat kook totdat vleis gaar is. Geur met sout en swartpeper. Sit voor met koljander.

*Kerrieblare is by Woolworths te kry teen R13,95 vir 3 g.