(4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 900 g beesvleisblokkies
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties
  • sap van 1 suurlemoen
  • 10 ml fyn koljander
  • 10 ml fyn komyn
  • 3 ml fyn kaneel
  • 1 ml fyn gemmer
  • 3 ml droe¨ brandrissie-vlokkies
  • 10 ml borrie
  • 15 ml garam-masala
  • 1 blik (400 ml) klappermelk
  • 2 blikke (400 g elk) cannellini-bone, gedreineer
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in diep oondpan. Braai vleis tot bruin, nie alles op een slag. Hou eenkant en braai ui in dieselfde pan tot sag. Voeg res van bestanddele behalwe bone en vleis by. Laat prut sowat 5 minute. Voeg vleis en bone by en geur met sout en peper. Maak toe met deksel en oondbraai 1 1/2 uur tot vleis sag is. Voeg ’n bietjie water by as die sous te dik word.