Resep deur Bertus Basson

  • 1 kg groot bete
  • 5 baba-bete
  • 50 ml olyfolie
  • 1 suurlemoen se sap
  • sout
  • 50 g gesoute botter
  • 20 g heelkorrelmosterd
  • 50 g roomkaas

Plus

  • broodjie en worsie van jou keuse

Kook al die beet in water tot sag en trek die skille af. Sny die baba-bete in wiggies en marineer in die olyfolie, sap van een suurlemoen en ’n knippie sout. Sny die groot bete in dun ronde skywe en hou al die afvalstukkies. Sit die afvalstukkies beet en die botter in ’n pan op matige hitte tot botter gesmelt is. Sit hierdie pasta in ’n voedselverwerker en vermeng tot glad. Geur met sout en sit in die yskas. Meng die heelkorrelmosterd en roomkaas tot glad en skep in ’n versiersak. Spuit dit op elke beetsirkel en vou toe.

Samestelling

Sit die worsie van jou keuse in ’n geroosterde broodjie en garneer dit mooi met baba-wiggies, beet-en-botterpasta, toegevoude beetsirkels en res van mosterd-en-roomkaas-vulsel. Drup ’n bietjie olyfolie oor vir afronding.