4 porsies Porsiegrootte: ± 200 g

  • 10 ml olyfolie
  • 500 g maer varkvleis, in repies gesny
  • 1 middelslag-ui, gekap
  • 5 ml gekapte knoffel
  • 1 groot geelwortel, geskil en in repies gesny
  • ½ pakkie bruin sampioene (125 g), in skyfies gesny
  • 250 g murgpampoen-tjies, in repies gesny
  • ½ middelslag-rooi soetrissie, ontpit en in repies gesny
  • 25 ml bruinasyn
  • 15 ml sojasous
  • 5 ml sout
  • 1 ml varsgemaalde swartpeper
  • 15 ml mielieblom
  • 250 ml onversoete appelsap (bv. LiquiFruit)

Verhit olie, voeg varkrepies, ui en knoffel in 2 hoeveelhede by en roerbraai tot vleis bruin verkleur. Voeg groente by en roerbraai tot groente gaar maar steeds bros is. Geur met asyn, sojasous, sout en swartpeper. Meng mielieblom met appelsap en roer by varkmengsel. Roer en kook vir 2 – 3 minute tot sous dik en gaar is. Sit varkroerbraai warm op rys voor. Energie: 1 359 kJ Koolhidrate: 17,7 g Vet: 12,8 g Glukemiese indeks: laag (27) Uit: Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulien-weerstandigheid 1, Hilda Lategan, Tafelberg Uitgewers, 2009