genoeg vir 4

  • 60 ml olyfolie
  • 2 takkies vars roosmaryn, fyngekap
  • 2 uie, gekap
  • 500 g boerewors
  • 285 ml melk
  • 115 g koekmeel
  • 3 eiers

Verhit oond tot 180 °C. Plaas olyfolie in oondbraaibak van sowat 20 x 15 cm. Voeg roosmaryn en uie by. Plaas bak in warm oond en verhit olie vir 15 minute. Verwyder versigtig uit oond en plaas boerewors in spiraal in olie. Plaas terug in oond vir 5 minute. Terwyl wors bak, meng melk, meel en eiers saam tot gladde beslag vorm. Haal bak weer uit oond en gooi beslag op wors en uie. Plaas terug in oond en bak 20-25 minute of tot deeg uitgepof en goudbruin is. Sit warm voor.