(6 porsies)

  • 800 g beesvleis-repies (beef stroganoff)
  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 blikke (400 g elk) gekapte tamaties
  • 1 rooi brandrissie, fyngekap
  • 150 ml rooiwyn
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 40 ml sonneblomolie
  • 6 tortillas
  • 150 g gerasperde cheddarkaas
  • hand vol vars koljander

Sny die beesvleis-repies in klein blokkies. Verhit die olyfolie in ’n diep pan. Braai die vleis vir so 15 minute. Voeg die ui en knoffel by. Braai saam vir sowat 10 minute. Voeg die geblikte tamaties, brandrissie en rooiwyn by. Geur met sout en swartpeper. Bedek en laat prut vir 30 minute. Haal die deksel af en laat verder prut vir nog 30 minute tot die sous byna weggekook is. Verhit jou oond tot 180 ºC. Gooi die sonneblomolie in ’n oondbak. Volg die aanwysings op die tortilla-verpakking en maak die tortillas warm in die mikrogolfoond. Skep van die vleis in die middel van elke tortilla en vou toe. Plaas gevoude kant na onder in die oondbak. Sprinkel die cheddarkaas bo-oor en bak vir sowat 20 minute tot die kaas lekker gesmelt het. Garneer met vars koljander en sit voor saam met swartbone-salsa-slaai.

Om te drink

Dieselfde rooiwyn as wat jy in die resep gebruik het. ’n Vrugtige rooi soos ’n sangiovese sal goed pas. Probeer Raka s’n.