(4 – 6 PORSIES)

  • 30 ml olyfolie
  • 2 uie, fyngekap
  • 3 selderystingels, gesny
  • 3 groot wortels, in klein blokkies gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 blik (410 g) gekapte tamaties
  • 500 ml rooiwyn
  • 2 ml paprika
  • 2 lourierblare
  • 2 blikke (400 g) lensies
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 2 x 225 g chorizoworse
  • 125 ml kookwater

Verhit olyfolie in ’n diep pan. Voeg uie, seldery, wortels en knoffel by. Braai vir 10 minute oor lae hitte. Die groente moet sag word, maar nie bruin braai nie. Voeg tamaties, wyn, paprika, lourierblare, sout en peper by. Laat oop prut vir sowat 30 minute. Dreineer lensies en spoel af met koue water. Voeg lensies by groente en kook vir 10 minute. Sny wors in skywe en voeg by. Kook vir 15 minute – gooi kookwater by indien nodig. Sit voor met kraakvars Franse brood.

Wenk: Jy kan ’n pakkie (300 g) wortelstokkies by die supermark koop en dit in blokkies kap.

Om te drink: Hierdie gereg vra goeie bier. Probeer SABMiller se Grolsch. As jy wyn verkies, is Fleur du Cap se Merlot met sy bessiekarakter net die ding.