(4 porsies)

Verhit oond se roosterelement. Halveer 1 ciabatta-brood in die lengte. Rooster brood tot lekker bros. Sny 2 ribsteaks in dik repe. Gooi 30 ml olyfolie en sap van halwe suurlemoen oor. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Laat marineer vir sowat 15 minute voor jy die vleis braai. Verhit 60 ml olyfolie en braai 200 g klein rosa-tamaties en 1 fyngedrukte knoffelhuisie saam. Geur met sout en peper. Verhit ’n riffelpan en braai steakrepe so gaar soos jy dit wil hê. Plaas vleis saam met 140 g gemengde slaaiblare en gebraaide tamaties bo-op geroosterde brood. Sit voor met gesnyde avokado en Dijon-mosterd