25 minute - 6 porsies

  • 30 ml botter
  • 2 uie, gekap
  • 400 ml hoender-aftreksel
  • 600 g ertjies
  • 250 ml room
  • sap van 1 suurlemoen
  • 12 lamstjops (2 per persoon)
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • olyfolie
  • 2 koppe langblaarslaai (cos lettuce)

Smelt die botter in 'n kastrol. Braai die uie tot sag en deurskynend. Gooi die hoender-aftreksel by en verhit tot kookpunt. Voeg die ertjies en room by en kook vir so 8 minute. Gooi intussen die suurlemoensap oor die lamstjops en geur met sout en swartpeper. Verhit die olyfolie en braai die tjops weerskante bruin. Ek hou van my tjops nog pienk in die middel, en dit sal so 15 minute neem. Wanneer jou tjoppies gaar is, hou warm en sny die slaai in kwarte. Sit die slaai by die ertjies en meng deur. Geur met sout en swartpeper en sit die tjops bo-op die ertjies voor.