(10 porsies)

  • 1,2 kg beesfilet
  • 15 ml olyfolie
  • soutvlokkies en peper
  • 30 g (30 ml) laevet-margarien
  • 10 ml suiker of suikerplaasvervanger
  • 3 uie, in ringe gesny
  • 20 ml balsemasyn
  • 10 ml vars tiemie, gekap
  • 10 – 12 velle fillodeeg
  • kleefwerende kossproei met olyfolie

Verhit oond tot 200 °C. Sny die filet op in 10 steaks (ongeveer 2 cm dik). Verhit die olie en braai die steaks sowat 3 minute aan ’n kant. Geur met sout en peper. Laat afkoel. Dreineer op kombuispapier. Smelt margarien, en voeg suiker en uie by. Braai tot uie sag is en voeg asyn by. Verlaag hitte en soteer tot uie gekaramelliseer is. Voeg tiemie by en geur met sout en peper. Sny die velle fillo in vierkante van 20 x 20 cm. Spuit elke vel met kossproei. Pak 3 vierkante bo-op mekaar. Plaas ’n filetsteak in die middel van elke fillovierkant, gevolg deur uiemengsel. Vou toe en spuit met kossproei. Plaas op ’n gesmeerde bakplaat. Bak 12 – 15 minute tot goudbruin en bros. Sit voor met ’n heerlike vars slaai soos die een hieronder met geroosterde halloumi, aspersies en kekerertjies.