Carpaccio is bevrore rou vleis wat in baie dun skywe gesny word. Vir hierdie resep gebruik ek beesfilet om die carpaccio te maak.

Genoeg vir 2

  • 30 ml olyfolie
  • 1 kort Franse brood, in helfte gesny
  • 10 snye carpaccio
  • 100 g sagte bokmelkkaas, in skywe gesny
  • sowat 4 kappertjiebessies
  • 1 klein rooi-ui, in dun ringe gesny
  • 20 g roketblare
  • sout en varsgemaalde
  • swartpeper

Sprinkel olyfolie oor oopgesnyde Franse brood. Pak jou eie oop broodjie met skywe carpaccio, bokmelkkaas, kappertjiebessies, rooi-ui en roket. Geur met sout en peper.