Die soet smaak van die esdoringstroop pas goed by die souterigheid van die spek.

genoeg vir 4

• 4 – 5 repe strepiespek

• 30 ml esdoringstroop (maple syrup)

• 4 eiers

• 30 ml room

• sout

• 8 snye Franse brood

• sowat 60 g (65 ml) botter

Stap 1. Verhit oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en plaas spek bo-op. Verf spek met esdoringstroop en plaas in oond.Maak roosterbrood terwyl spek oondbraai.

Stap 1 Stap 1

Stap 2. Klits eiers, room en sout saam in ’n mengbak.

Stap 2 Stap 2

Stap 3. Plaas 4 snye brood op ’n slag in bak en laat week sowat 5 minute. Draai halfpad om om seker te maak die brood is weerskante goed geweek.

Stap 3 Stap 3

Stap 4. Smelt helfte van botter in ’n pan oor lae hitte. Plaas die 4 stukke brood in die pan en laat res van brood in die eiers week terwyl jy die brood braai. Draai brood halfpad om en braai tot gaar. Hou warm eenkant en braai res van brood. Haal spek uit oond en sit voor saam met gebraaide brood en ekstra esdoringstroop om oor te gooi

Stap 4 Stap 4