genoeg vir 4

  • 45 ml olyfolie
  • 12 frikkadelle – kyk by supermark se maalvleisafdeling
  • 250 ml hoenderaftreksel
  • 300 ml jogurt
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 2 takkies kruisement, fyngekap
  • 2 takkies dille, fyngekap
  • 1 eier
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie in groot braaipan en braai frikkadelle tot goudbruin en gaar, 8-10 minute. Draai nou en dan om. Skep uit pan en hou eenkant. Maak die sous in dieselfde pan: Gooi aftreksel en jogurt in pan. Voeg knoffel, suurlemoenskil, kruisement en dille by. Meng deur. Klits eier met draadklitser by. Verhit oor lae hitte terwyl jy heeltyd roer tot mengsel verdik, 5-8 minute. Geur goed met sout en peper. Skep frikkadelle in sous en sit voor met rys of koeskoes.