(4 - 6 porsies)

  • 30 ml botter
  • 250 g Spaanse wors, in skywe gesny
  • 200 g baba-rosatamaties
  • 6 eiers
  • 125 ml melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • hand vol vars basiliekruidblare, geskeur

Verhit roosterelement van oond. Smelt botter in 'n kleefvrye pan van sowat 24 x 4,5 cm waarvan handvatsel in oond kan gaan. Braai wors en tamaties vir so 5 minute. Klits eiers en melk

saam en geur met sout en swartpeper. Gooi eiermengsel oor wors en tamaties in pan. Roer effens. Net voordat dit in die middel begin stol, plaas jy die pan vir 5 minute onder die roosterelement. Haal uit en laat vir so 5 minute staan voordat jy dit op 'n bord uitgly. Sit voor met vars basiliekruid.