(4 porsies)

Verhit oond tot 200 °C. Plaas 800 g dik,gerookte varkrepe op ’n bakplaat. Oondbraai sowat 30 minute. Terwyl vleis oondbraai, verhit 30 ml olyfolie in ’n diep pan. Voeg daarby 2 wortels wat in klein blokkies gesny is, 1 fyngekapte ui, 1 selderystingel wat in stukkies gesny is en 2 fyngekapte knoffelhuisies, en braai tot sag. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Dreineer 2 blikkies (400 g elk) lensies en voeg by. Verhit goed. Haal varkrepe uit oond en sny in groot stukke. Plaas op lensiemengsel in opdienbak en sit voor.