(4 porsies)

  • 30 ml olyfolie
  • 550 g ontbeende varkliesrepe
  • 1 ui, gehalveer en in skywe gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 baba-kooltjies, elk in 8 wiggies gesny
  • 4 groot aartappels, geskil en in dik skywe gesny
  • 250 ml hoenderaftreksel
  • 3 ml gerookte paprika

Verhit oond tot 180 °C. Verhit olyfolie in diep pan. Braai varkliesrepe tot bruin. Voeg ui en knoffel by en braai tot net bruin. Geur met sout en peper. Pak kool en aartappels in pan en gooi aftreksel oor. Sprinkel paprika oor en maak toe met deksel. Plaas in oond en oondbraai vir 1 uur. Haal deksel af en verhit roosterelement van oond. Rooster onder element tot bruin.