Skep van die soetrissies op ’n sny roosterbrood en plaas ’n worsie bo-op – dis heerlik.

Genoeg vir 4

• 1 groen soetrissie

• 1 rooi soetrissie

• 1 geel soetrissie

• 50 ml olyfolie

• 1 ui, gehalveer en in skywe gesny

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 300 g dun boerewors

• 1 ciabatta-brood in snye gesny en gerooster

• vars basiliekruid-takkies

Verwyder die soetrissies se sade en sny die wande in dik repe. Verhit olie in ’n pan en voeg ui en knoffel by. Braai sowat 1 minuut en voeg soetrissies by. Geur met sout en peper. Braai tot soetrissies sag is. Maak klein worsies van die boerewors. Draai die boerewors so elke 10 cm – dit moet soos klein varkworsies lyk. Plaas wors in pan en voeg water by – sowat ½ cm diep. Braai tot water weggekook het en draai wors versigtig om. Braai verder tot gaar. Skep soetrissies in opdienbak en plaas wors boop. Plaas vars basiliekruid-takkies bo-op. Sit voor met geroosterde ciabatta-brood.