(6 ruim porsies)

porsiegrootte: 1 groot skep

  • 30 ml sonneblom- of canola-olie
  • 1 kg rump steak, in blokkies gesny
  • 1 groot ui (150 g), grofgekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 10 ml vinkelsaad, gekap met stamper en vysel
  • 10 ml fyn komyn
  • 10 ml fyn koljander
  • 15 ml garam masala
  • 5 ml fyn kaneel
  • 3 ml gemmer
  • 3 kardemompeule
  • 1 ml brandrissiepoeier
  • 15 ml borrie
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties in sap
  • 1 blik (400 g) laervetklappermelk (reduced fat)
  • 30 ml suurlemoensap
  • 5 ml sout
  • varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 250 ml kookwater (indien nodig)
  • 6 broodrolletjies of 2 witbrode

Verhit oond tot 180 ºC. Verhit olie in oondkastrol. Braai vleis stuk-stuk. Hou eenkant. Braai ui tot sag en deurskynend. Voeg knoffel en speserye by en braai tot warm. Voeg tamaties, klappermelk en suurlemoensap by. Bring tot kookpunt. Voeg vleis by en geur met sout en swartpeper. Bedek met deksel of foelie en oondrooster vir 1 uur. Maak oop, roer deur en vul aan met kookwater, indien nodig. Oondrooster vir nog 1 uur tot sag en gaar. Sit voor met rolletjies en blatjang, of sny 2 witbrode in 3 dele elke, hol elke stuk uit en skep kerrie in.

Witvleis

Die rooivleis kan met 1 kg vellose hoenderfilette vervang word vir 'n heerlike afwisseling. Benewens voedingsvoordele kook die hoender binne 30 minute in 'n kastrol op die stoof sag.

Minder vet

Deur skaapvleis met maer beesvleis te vervang word die vet- en cholesterolinhoud van die gereg verlaag.

Laervet-klapper

Die laervet-klappermelk (Woolworths het dit) pleks van gewone klappermelk verminder die vetinhoud met 7 g per porsie.

Op eie risiko

Die voedingstof-analise neem nie die brood/broodrolletjies in ag nie.