Die resep is maklik en vinnig. Jy kan die gereg binne 15 minute voorsit.

Genoeg vir 2

• 500 g gnocchi

• 300 g dun boerewors

• 40 ml olyfolie

• 1 knoffelhuisie, fyngekap

• 125 ml tamatiepuree

• 100 g baba-spinasieblare

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 100 g parmesaankaas, fyngerasper

Bring ’n kastrol met water tot kookpunt. Kook gnocchi volgens aanwysings op pak en dreineer. Hou eenkant. Sny wors in stukke van sowat 3 cm. Verhit olyfolie in ’n pan en voeg wors by. Braai wors tot gaar en voeg knoffel en tamatiepuree by. Braai nog sowat 5 minute. Voeg spinasieblare by en braai tot spinasie net verlep is. Geur met sout en peper. Voeg gnocchi by en meng versigtig deur. Sit dadelik voor met parmesaankaas.