’n Eenpotgereg - Dis die lekkerste manier van kook. Gooi alles saam - vleis, groente, kruie - en proe hoe goed pas al die geure in net een pot.

(4 – 6 porsies)

• 30 ml olyfolie

• 6 lamstjops

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 3 knoffelhuisies, fyngekap

• sap van 1 suurlemoen

• 1 blik (400 g) gekapte tamaties

• 125 ml witwyn

• 4 aartappels, geskil en in skywe gesny

• 400 g fetakaas, in groot stukke gebreek

• groot hand vol vars basilieblare

• skil van 1 suurlemoen

Verhit oond tot 200 °C. Gooi olyfolie in oondbraaibak. Pak tjops in bak en geur met sout en peper. Oondbraai tot bruin. Draai tjops om en oondbraai die ander kant tot bruin. Voeg knoffel, suurlemoensap, tamaties, wyn en aartappels by. Geur weer met sout en peper. Plaas oop terug in oond en oondbraai sowat 1 uur. Voeg fetakaas en basilieblare by. Plaas terug in oond vir sowat 10 minute. Sprinkel suurlemoenskil oor net voor jy dit voorsit.