Die meeste mense kook die groenbone baie pap wanneer hulle dié bredie maak. In my weergawe is die bone nog effens bros en vars – nes ek daarvan hou.

Genoeg vir 4

• 12 lamstjoppies

• 40 ml olyfolie

• 2 heel knoffelhuisies

• 2 groot salotte, in wiggies gesny

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 30 ml suurlemoensap

• 250 g klein rosa-tamaties

• 360 g dun Franse groenbone

Verwyder die lang beentjie van die tjoppies. Verhit olyfolie in ’n diep pan wat ’n deksel het. Braai tjoppies tot mooi bruin. Voeg knoffel en salotte by. Geur met sout en peper en voeg suurlemoensap by. Maak pan toe met deksel en laat prut sowat 30 minute. Voeg tamaties by en laat oop prut vir sowat 20 minute. Plaas groenbone boop en sit deksel op. Laat verder prut tot boontjies net-net sag is.