(4 - 6 porsies)

  • 15 ml olyfolie
  • 15 ml botter
  • 2 uie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 15 ml gemengde kruie
  • 15 ml kerriepoeier
  • 1 kg volstruisnek, skoongemaak
  • 250 ml rooiwyn
  • 2 x 400 g-blikkies
  • kersietamaties
  • 1,5 liter beesaftreksel
  • 600 g groenboontjies, kop en stert afgesny
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olie en botter in 'n groot pot tot warm. Voeg uie en knoffel by en braai liggies vir 5minute of tot begin verkleur. Voeg kruie en speserye by en braai nog 5minute. Voeg volstruisnek by en braai tot goudbruin, sowat 10 minute. Voeg rooiwyn en tamaties by. Voeg helfte van aftreksel by en verlaag die hitte. Laat stadig prut vir sowat 2 uur of tot vleis van die been afval. Voeg res van die aftreksel by soos die vloeistof minder raak. Voeg groenbone by sodra die vleis sag is en laat weer stadig stowe tot die bone sag en gaar is. Geur goed met sout en peper. Sit warmvoor

saam met gestoomde rys.