(4 PORSIES)

  • ½ koppie bruin basmatirys
  • 200 g laevet-maalvleis
  • 1 eetlepel tamatiesous
  • 1 eetlepel soet brandrissiesous
  • 1 ui, fyngekap
  • hand vol vars pietersielie, fyngekap
  • 1 eier
  • Himalaja-sout en varsgemaalde peper
  • 4 volgraan-broodrolletjies
  • slaaiblare van jou keuse
  • tamatie

Voorverhit oond tot 200 ºC en bespuit ’n bakplaat met kleefwerende sproei. Kook die rys 15 minute lank of tot gaar. Meng die gaar rys met die res van die bestanddele in ’n bak en laat dit vir 30 minute staan. Vorm vier patties daaruit en bak dit 20 minute lank op die bakplaat sonder om hulle om te draai. Skakel die oondrooster aan om dit mooi bruin te braai. Sit voor op die broodjie. Hou dit gesond deur die botter uit te los en garneer met tamatie en slaaiblare.