Hierdie resep klink dalk vreemd, maar dis heerlik saam met 'n yskoue bier op 'n wintersaand

(genoeg vir 4)

Gaarmaaktyd: 30 minute

• 30 ml olyfolie

• 1 ui, fyngekap

• 250 g rookwors, in ringe gesny

• paar takkies origanum

• 250 ml arborio-rys

• 15 ml tamatiepasta

• 15 ml suiker

• 500 ml bier

• 100 ml hoenderaftreksel

• 250 ml room

• 20 g parmesaankaas

• 70 g sprietuie, gekap

• sout en varsgemaalde swartpeper

Verhit olyfolie in ’n pan. Braai ui, wors en origanum saam tot bruin van kleur. Voeg rys by en braai sowat 2 minute. Hou aan roer terwyl jy tamatiepasta, suiker, bier en aftreksel bietjies-bietjies byvoeg tot al die vloeistof geabsorbeer is en die rys gaar is. Voeg room, parmesaan en sprietuie by en geur met sout en peper. Sit dadelik voor.

Wenk

As die risotto te dik is, voeg water by tot die tekstuur reg is.