(vir een toebroodjie)

  • 1 kitslendeskyf (minute steak)
  • klein bietjie olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 15 ml botter
  • 1 eier
  • 3 snye rogbrood, gerooster
  • 2 snye dun cheddarkaas
  • 30 ml mayonnaise
  • 3 skywe tamatie
  • 2 uie, gebraai

Verhit verkieslik 'n riffelpan. Smeer die steak met 'n bietjie olyfolie en geur dit met sout en swartpeper. Braai die steak vinnig tot hoe gaar jy dit wil hê. Smelt die botter in 'n ander pan en bak die eier. Geur met sout en swartpeper. Nou kan jy jou broodjie aanmekaarsit. Plaas een sny brood onder en sit die steak en dan die kaas bo-op. Smeer met 'n bietjie mayonnaise. Sit die tweede sny brood bo-op. Sit die gebakte eier, tamatie en uie op en maak toe met die laaste sny brood.

Om  te drink

Gamay noir is perfek hierby. Gamay is oorspronklik van die Franse Beaujolais-streek waar dit as “nouveau” of vroegdrinkwyn bekend staan. Dit het ál die kompleksiteit van 'n rooiwyn (perfek saam met steak), maar is nie swaar nie en is vol speelse bessiegeure wat die soetheid van die uie sal uitlig. Kleine Zalze maak 'n heerlike gamay noir.