genoeg vir 8-10

  • 12 sprietuie (spring onion), fyngekap
  • 5 takke vars roosmaryn
  • 1 groot lamsboud aan die been, met skenkel aan
  • 45 ml olyfolie
  • 1 cm-stuk gemmer, geskil en fyngerasper
  • 440 ml lagerbier
  • 1 liter beesaftreksel
  • 80 ml heuning
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • soet mosterd vir voorsit

Verhit oond tot 180 °C. Plaas sprietuie en roosmaryn in oondbraaibak, gevolg deur lamsboud met vetkant na bo. Meng olyfolie, gemmer, bier, aftreksel en heuning. Gooi oor lamsboud en geur goed met sout en peper. Maak pan toe met foelie en oondbraai 3 uur in warm oond. Haal uit en laat 10 minute eenkant rus op ’n werkvlak. Sit voor met soet mosterd.