(6 PORSIES)

  • sowat 2 kg lamsribstuk
  • sowat 60 ml olyfolie
  • sap van een suurlemoen
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Sny die lamsribstuk in tjops. Jy moet so twee bene per tjop sny. Smeer olyfolie en suurlemoensap oor tjops en geur met sout en peper. Verhit ’n riffelpan goed. Braai tjops weerskante tot so gaar soos jy dit wil hê. Sit voor met salsa verde en tagliatelle-pasta